NUUSBRIEF VAN DIE SA VERENIGING VIR KULTUURGESKIEDENIS – JG 40, NR 1 Mei 2023
Geagte Lede
Ek is opgewonde om hierdie uitgawe van die Sonnerad met julle te deel. Heelwat gebeure het die afgelope tyd plaasgevind en binnekort is dit ook die Vereniging se jaarlikse kongres wat op 19 en 20 Mei by die Voortrekkermonument plaasvind. Meer inligting hieroor verskyn onderNuus van die Raad in die nuusbrief. Ons hoop om julle almal daar te verwelkom!
Die Raad moedig lede aan om ander mense, wat ‘n belang in die vakgebied van kultuurgeskiedenis het, uit te nooi om by die SAVK aan te sluit.
Julle is welkom om deur die jaar vir my relevante berigte vir plasing in die Sonnerad te stuur.
Dankie aan almal wat tot hierdie maand se interessante nuusbrief bygedra het.
Groete
Petra Luus
Redakteur
petra@kultuurtuiste.org.za
NUUS VAN DIE RAAD
Die SAVK se jaarlikse kongres vind op 19 en 20 Mei by die Voortrekkermonument plaas. Die tema van die kongres is:
Die gesprek tussen die verlede en die hede en die tersaaklikheid daarvan op Kultuurgeskiedenis. Die program bevat interessante referate wat deur kenners
van reg oor die land aangebied gaan word. Kontak gerus vir Anton van Vollenhoven of Astrid Schwenke vir die inskrywingsvorm of vir meer inligting.
Anton van Vollenhoven:
antonv@archaetnos.co.za
Astrid Schwenke:
astridschwenke@worldonline.co.za
Ons voorsitter, prof Kobus du Pisani, gaan in Junie by die konferensie van die International Society for Cultural History in Singapoer ʼn referaat lewer met die voorlopige titel “Holism and Empire: Smuts and the Concept of Commonwealth”. Die konferensie se tema is “Cultural Histories of Empire”. Twee ander Suid-Afrikaners waarvan ons weet, wat ook dié konferensie gaan bywoon, is Claudia Gouws en Chris Holdridge.
Beskikbare uitgawes van die Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis is te koop. Die koste beloop R50 per tydskrif (posgeld uitgesluit). Kontak Petra Luus by petra@kultuurtuiste.org.za.
Emile Coetzee, ons boekresensieredakteur, deel die volgende nuus rakende boekresensies:
Die volgende boek is beskikbaar om geresenseer te word. Indien u belangstel kontak my gerus via e-pos: emile.coetzee@nwu.ac.za Anton Joubert, Jan Smuts 1870-1950 ‘n Fotobiografie (Pretoria: Protea Boekhuis, 2023)
LIEF EN LEED
Die Raad neem met leedwese kennis van die afsterwe van prof. Boon verlede jaar. Prof Boon was ‘n jarelange lid van die SAVK.
MUSEUM- EN ERFENISNUUS
Erfenisaksies van AfriForumDeur Alana Bailey
AfriForum se erfenisafdeling en takke woeker op die terrein van bewaring. Die afgelope paar maande is bydraes gemaak vir onder meer die onderhoud van Winburg en Heilbron se konsentrasiekampbegraafplase. Gedenktekens wat destyds deur die Afrikaner Volkswag in Groblersdal opgerig is, gaan moontlik verskuif word om dit te beveilig. Die Handemonument by
Loskopdam is opgeknap en verder is ook oor die bewaring van Volksrust se historiese begraafplaas vergader.
Die Standertontak onderhou gereeld die Voetsporemonument. Oor die geskiedenis van dié gedenkteken, vertel Theunis van Staden die volgende in sy herinneringskrif,
Onderhoud van Presidensie se tuin, Bloemfontein
MUSEUM AND HERITAGE MANAGEMENT COURSE
The purpose of the course is to empower people who are involved in museums, archives and special collections, to obtain basic knowledge on museum and heritage management with specific reference to objects / artefacts information, what is an object, documentation, collection management, policies and basic conservation awareness, exhibition skills and to teach the public about the objects in order to manage artefacts and documents more effectively and more sustainably level. The course is designed to bridge the gap between the knowledge that the participants have and the basic skills that need to be acquired.
LEARNING OUTCOMES – After successful completion of the course, students should be able to demonstrate knowledge and understanding of the following:
• the original purpose of objects, artefacts, preservation and caring for artefacts, culture (tangible and intangible culture).
• heritage, heritage resources, heritage management, and southern African history from African and European perspectives.
• preservation and basic conservation, museum policies, confidentiality, safekeeping of documentation and artefacts, collection storage management and policies.
• the operating environment of conservation, to manage artefacts, artefacts information and documents more effectively and sustainably, and storage management.
• essential methods, procedures, techniques and appropriate treatment options for cleaning and preservation of artefacts, paper-based and archival collections.
• organisational ethics and a code of conduct, competency in work ethics, general ethics in the workplace, teamwork, discipline, good communication, and the ability to understand
societal values of different cultural groups.
• gathering relevant information, analysis and evaluation skills, and the ability to apply and carry out actions by interpreting information from text and policy documents. This includes the basic ability to collect artefacts, documents and design information for an exhibition and public programs.
• to take responsibility to learn within a supervised environment and build the capacity to evaluate one’s performance against general museum and heritage management,
business tools (budgeting, marketing, funding, lectures, and public educational programs), and project management.
• to use one’s knowledge to solve common problems within a familiar context, and the ability to adjust an application of a common solution within relevant parameters to
manage a community project, and to solve problems regarding housekeeping of objects and exhibitions.
• to make decisions about and take responsibility for your own project management in a heritage institution (e.g. museum, archive, special collection, library, municipality, or a
cultural organisation or structure), this will include communication of information (e.g. on social media) about objects, the purpose and operations in a museum, advertising
lectures, exhibitions and public programs.
DURATION: 10 CONTACT SESSIONS
ADMISSION REQUIREMENTS:
National Senior Certificate on NQF level 4 and English language proficiency. Anyone interested in employment in a museum, an archive, or a special collection, but more specifically employees
at museums, in archives, or working with special collections (e.g. in a library or local municipality) and who meets the admission requirements, qualify to apply.
PROTEA BOEKHUISTOEKENNING
SUID-AFRIKAANSE AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS
Die Protea Boekhuistoekenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word jaarliks toegeken en roteer tussen ʼn gepubliseerde werk, die beste magisterverhandeling en die beste
doktorale proefskrif in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans. Die SA Akademie het onlangs bekend gemaak dat die hierdie prys vanjaar toegeken word aan me Hetta van Deventer-
Terblanche vir haar magisterverhandeling “Die koskultuur en geskiedenis van die Westpalm-reseptemanuskrip (Manuskrip SB522), circa 1719-1888”. Me Van Deventer-Terblanche het haar
studie aan die Noordwes-Universiteit voltooi onder studieleiding van prof Matilda Burden.
Die studie getuig van uitgebreide primêre en sekondêre navorsing. Die navorser toon besondere insig in die onderwerp en deeglike ondersoek is gedoen om die reseptemanuskrip te
dateer en die samestellers daarvan te identifiseer. Ook die historiese sosiale konteks waarbinne dit ontstaan het deeglik Me Van Deventer-Terblanche aangedui. Enkele opmerking van die eksaminatore bevestig die uitstaande kwaliteit:
It has been identified as a mark II 1888 patent Lee Metford bayonet. This type was the last ones made during the Anglo-Boer War. When not on the rifle, it was placed in a scabbard. The scabbards were made of brown leather with metal guards stapled to it to protect it from the blade.
FAK FAMILIE- & ERFENISFEES
Deur Isabel Groesbeeck
Die gewilde Genealogie- & Familiefees keer in ’n nuwe baadjie terug by name die FAK FAMILIE-& ERFENISFEES en maak ook ’n draai in die Kaap. Die fees in die noorde vind op Maandag, 25 September 2023 van 08:00 tot 15:00 in die Voortrekkersaal op die Voortrekkermonumentterrein plaas en op Saterdag 21 Oktober 2023 in die Kaap. Die fees word deur die FAK in samewerking met Isabel Groesbeek aangebied. Isabel is reeds meer as 34 jaar lank by genealogie as wetenskap betrokke en sedert 2020 die FAK Projekbeampte vir Genealogie. Die FAK-Genealogielessenaar is in Januarie 2020 gevestig om veral FAK-vriende, maar ook die algemene publiek in hul genealogiese navorsing by te staan Belangstellendes is welkom om navraag re huur van uitstalruimte te doen. Moedig asb. familie, kollegas en enige lid van die publiek aan om die kans te benut om kundiges rondom familiestambome en familie-erfenis in feesatmosfeer te ontmoet. Die fees gaan op die nasionale vakansiedag ingekleur word met erfenisaktiwiteite olv die Erfenisstigting en fokus op familielede van jonk tot oud. Die doelstellings van die fees is steeds sedert 2008, toe die eerste fees ook by die Voortrekkermonument plaasgevind het, om genealogie en kultuurgoedere aan die wyer publiek bekend te stel met behulp van uitstallings deur navorsers, familiebonde, genealogiese- en
familiegeskiedenisverenigings.
Besoekers sal ook die geleentheid hê om die Erfenissentrum-uitstalling en/of die Voortrekkermonument te besoek en familiefoto’s vir hul erfenisalbums te neem. Verversings kan onder andere by die ‘Skool op wiele’ geniet word. Toegang tot die genealogiefees, insluitende veilige parkering, is beskikbaar teen slegs R30 per voertuig, ongeag die aantal insittendes. Kinders sal veilig kan hardloop en speel en ook die Historiese Trekroetetuin kan verken. Eet- en drinkgoed, asook boeke sal te koop wees. Navrae aangaande die dag se gebeure kan aan Isabel Groesbeek gerig word by isabel@kultuurtuiste.org.za
LOUW-HUIS MUSEUM, SUTHERLAND
Deur Matilda Burden
Die Louw-huis Museum op Sutherland in die Noord-Kaap is in 1986 geopen ter ere en nagedagtenis van die twee digter/skrywer-broers, NP van Wyk Louw en WEG Louw. Die Louw-gesin het in dié huis in Jubileestraat, Sutherland, gewoon terwyl die vader, Von Moltke Louw, ‘n prokureur op die dorp was. Die seuns se grootouers het in die distrik op die plaas Gunsfontein geboer. Wyk Louw, later bekend as NP van Wyk Louw, was 14 jaar oud en Gladstone, later bekend as WEG Louw, was 7 jaar oud toe hulle daarvandaan na Kaapstad verhuis het. Nadat die museum vir ongeveer 20 jaar ‘n besoekplek vir toeriste op Sutherland was, het dit begin verwaarloos en is dit later heeltemal gesluit, maar behou net soos dit ingerig is.
Daarna is daar verskeie male ingebreek, vandalisme aangerig en items verwyder. Teen 2022 was dit in ‘n haglike toestand. Die skrywer en digter, joernalis en TV-aanbieder, Gerard Scholtz, het in 2022 besluit dat ‘n reddingspoging aangewend moet word om die museum in ere te herstel. Hy het ‘n groep belangstellendes bymekaar gebring en ‘n klein werkskomitee is aangewys. Sedertdien is begin om fondse te probeer bekom om die gebou te herstel en die museum van voor af in te rig.
Die proses is maar pas begin, maar die entoesiasme is groot en daar word gehoop om dit ‘n vlagskip projek te maak. Daar word beplan om ‘n verskeidenheid aktiwiteite by die museum aan te bied, byvoorbeeld skrywerskursusse, kunskursusse, storiefeeste, musiekkonserte, voorlesings van gedigte en so meer.
Die hoop is dat dit toerisme na die dorp sal stimuleer om sodoende aan daardie deel van die Suid-Afrikaanse platteland ‘n ekonomiese hupstoot te gee. Belangstellendes wat die Louw-huis Museum Nuusbrief wil ontvang of wat op enige wyse wil bydraes maak, kan Gerard Scholtz kontak by gerardscholtz@gmail.com, of vir Marné Marais by marne@saundersons.co.za.
Matilda Burden en Gerard Scholtz bestudeer planne tydens die opruimingsproses by die Louw-huis Museum
BOEKE
Elke Dag ‘n Mooi Nooi en ‘n Moord: ‘n Joernaal van Scoops en Skandes, deur Hennie van Deventer
Uit polemieke en petaljes; rusies en romanses; herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ʼn ryk oes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is. Die veteraan van die perswese staan bekend as ʼn gebore en geesdriftige nuusmens. Hierdie is sy sewende boek
met ʼn binneblik op die koerantwêreld. In ʼn onderhoudende keuse van stories met ongewone kinkels roer hy allerlei omstredenhede aan: Charlize Theron se “net 44 wat nog Afrikaans praat”, Amanda Gouws se verweer vir vroue wat vloek, Ton Vosloo se ontdekking van “’n ander Suid-Afrika”, die slagspreuk “Kill the Boer”… Sy temas is talryk. Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantore en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan kry – ook heelwat politiek of lig op persoonlikhede: nie net huishoudelike name in die media nie, maar groot letterkunde-geeste soos die korrelkop Langenhoven, NP van Wyk Louw en Opperman, politici soos Verwoerd en Vorster, skoonhede soos prinses Diana en Anneline Kriel en, les bes, selfs ontkleedanseres Glenda Kemp.
Die boek kan direk bestel,word by https://naledi.co.za/product/elke-dag-n-mooi-nooi-en-n-moord/ of by Tertia Swart-078 648 8616/ tertia@naledi.co.za. Danksy ‘n ruim subsidie van die Hiemstratrust kos dit net R260 (aflewering ingesluit).
Road Trip SA is ʼn handige slimfoontoep wat vir enige gebruiker presies aandui waar Suid-Afrika se besienswaardighede geleë is. Ook word elke gelyste besienswaardigheid met ʼn kort verduideliking aangevul. Verskillende kategorieë word op die toep gedek, onder andere museums, Anglo-Boereoorlogbesienswaardighede, Groot Trek- besienswaardighede, Angolese Bosoorlogbesienswaardighede, grafte van belangrike historiese figure, natuurreservate, botaniese tuine, Suid-Afrikaanse besienswaardighede in die buiteland, historiese kerke en selfs
spookhuise. Daar is reeds oor die 3 000 besienswaardighede op die toep en die aantal groei weekliks!
Laai gerus die Road Trip SA toep van Google Playstore (vir Android-fone) af, of van Appstore (vir Apple-fone) of besoek die webtuiste www.roadtriprsa.co.za. Ook die QR-kodes langsaan kan gebruik word. Indien u enige besienswaardigheid sien wat nie op die toep verskyn nie, neem gerus ʼn foto, merk die koördinate (indien moontlik) en stuur die inligting vir die Road Trip SA span by: historian@roadtriprsa.co.za Hierdie toep is nie alleenlik handig vir die publiek nie, maar kan ook gebruik word vir toeristegids opleiding, vir skooltake en kan ook deur die geskiedenis/toerisme- of
erfenisbestuur-studente gebruik word. Ontdek Suid-Afrikaanse erfenis met Road Trip SA.
In modder en sweet: Dit was in Januarie 1884, presies ’n honderd jaar voor ek gebore is, toe Daniël Poklenberg Erasmus en sy vrou Elizabeth Catharina (Bettie), dogter Dorothea en seun Pieter Lafras op hulle plaas Uitkyk in die omgewing tussen Standerton en Morgenzon geboer het. Volgens familie-oorlewering was Daniël op die 25ste van daardie maand besig om met sy outydse houtbalkploeg vore na die dam te trek, toe ’n hewige Laeveldse storm in die omgewing begin woed het. Daniël, sonder ’n bang haar op sy kop, het aanhou werk, terwyl die storm net al hoe groter en groter bou. Meteens was daar ’n oorverdowende geknal en die donker word oogverblindend verlig soos die weerligstraal die aarde met genadelose mag tref. Alles is stil. Verderaan in die grou-grys van die agtermiddag is net ’n donker rookwolkie wat al ligter verkleur soos dit in die sukkelende skemerlig versmelt. Bettie kan voel iets is verkeerd … Die aanhoudende rillings hier teen haar rug af en naar gevoel in haar buik, dryf haar egter om in die kilte van die storm uit te hardloop na waar haar geliefde Daniël aan’t ploeë was. Net ’n rokie en die swart verslete gestalte van die eens geharde boer, geliefde man en besorgde pa, is vir Bettie in die veld agtergelaat … In ’n artikel gepubliseer in Die Huisgenoot van 2 Januarie 1953 word Pieter aangehaal waar hy vertel dat sy pa se klere in repies was en sy skoenveters was af. Pieter het sy pa se knipmes 21 treë van hom af opgetel.Tot vandag kan die plek waar Daniël Erasmus deur weerlig doodgeslaan is, besoek word. Daar sal jy sy twee voetspore in die grond sien en ook daarop let dat daar geen gras op daardie plekke groei nie. Ook nie waar sy elmboog skuins agter hom in die grond gedruk het nie. In 1981 het die kleinkinders van Daniël Erasmus vir hom ’n gedenksteen opgerig met hierdie woorde daarop:
In liefdevolle herinnering aan ons gerespekteerde oupa, Daniël Poklenberg Erasmus. ’n Gelowige Christen wat op Vrydag 25 Januarie 1884 op hierdie plek in die ouderdom van 44 Jaar, 6 Maande en 22 Dae deur ’n weerligstraal gedood is. Alle kwaadwillige gedagtes i.v.m. hierdie aangeleentheid is van alle waarheid ontbloot. In 1981 opgerig deur die oorlewende kleinkinders.Daar was alom vertel dat Daniël glo die Here gevloek het nadat ’n haelbui vroeër sy mielie-oes verwoes het. Daarom dan die nodigheid om die “kwaadwillige gedagtes” op die gedenksteen aan te spreek.
’n Projek wat groot vreugde bring, is die Bloemfontein-tak van AfriForum se onderhoud van Die Presidensie se tuin. In 2022 was dit ’n woesteny, maar die tak het hande gevat met die Vriende van die Presidensie en Anchor of Hope, ’n nie-winsgewende organisasie wat kwesbare mense in die gemeenskap deur ontwikkelingsprojekte ondersteun. Die tuin word nou deurlopend in stand gehou en begin pragtig lyk. “AfriForum se Bloemfontein-takke is trots daarop om Bloemfontein skoon te hou en ons erfenis te beskerm met die instandhouding van verskeie historiese monumente, insluitend hierdie tuin. Hierdie aksies dra ook by tot die bevordering van veiligheid in ons gemeenskappe, aangesien swak instandhouding misdadigers die geleentheid kan gee om in beboste areas weg te kruip,” het Christo Groenewald, distrikskoördineerder van Bloemfontein, gesê.
Onderhoud van Presidensie se tuin, Bloemfontein
MUSEUM AND HERITAGE MANAGEMENT COURSE
The purpose of the course is to empower people who are involved in museums, archives and special collections, to obtain basic knowledge on museum and heritage management with specific reference to objects / artefacts information, what is an object, documentation, collection management, policies and basic conservation awareness, exhibition skills and to teach the public about the objects in order to manage artefacts and documents more effectively and more sustainably level. The course is designed to bridge the gap between the knowledge that the participants have and the basic skills that need to be acquired.
LEARNING OUTCOMES – After successful completion of the course, students should be able to demonstrate knowledge and understanding of the following:
• the original purpose of objects, artefacts, preservation and caring for artefacts, culture (tangible and intangible culture).
• heritage, heritage resources, heritage management, and southern African history from African and European perspectives.
• preservation and basic conservation, museum policies, confidentiality, safekeeping of documentation and artefacts, collection storage management and policies.
• the operating environment of conservation, to manage artefacts, artefacts information and documents more effectively and sustainably, and storage management.
• essential methods, procedures, techniques and appropriate treatment options for cleaning and preservation of artefacts, paper-based and archival collections.
• organisational ethics and a code of conduct, competency in work ethics, general ethics in the workplace, teamwork, discipline, good communication, and the ability to understand
societal values of different cultural groups.
• gathering relevant information, analysis and evaluation skills, and the ability to apply and carry out actions by interpreting information from text and policy documents. This includes the basic ability to collect artefacts, documents and design information for an exhibition and public programs.
• to take responsibility to learn within a supervised environment and build the capacity to evaluate one’s performance against general museum and heritage management,
business tools (budgeting, marketing, funding, lectures, and public educational programs), and project management.
• to use one’s knowledge to solve common problems within a familiar context, and the ability to adjust an application of a common solution within relevant parameters to
manage a community project, and to solve problems regarding housekeeping of objects and exhibitions.
• to make decisions about and take responsibility for your own project management in a heritage institution (e.g. museum, archive, special collection, library, municipality, or a
cultural organisation or structure), this will include communication of information (e.g. on social media) about objects, the purpose and operations in a museum, advertising
lectures, exhibitions and public programs.
DURATION: 10 CONTACT SESSIONS
ADMISSION REQUIREMENTS:
National Senior Certificate on NQF level 4 and English language proficiency. Anyone interested in employment in a museum, an archive, or a special collection, but more specifically employees
at museums, in archives, or working with special collections (e.g. in a library or local municipality) and who meets the admission requirements, qualify to apply.
PROTEA BOEKHUISTOEKENNING
SUID-AFRIKAANSE AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS
Die Protea Boekhuistoekenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word jaarliks toegeken en roteer tussen ʼn gepubliseerde werk, die beste magisterverhandeling en die beste
doktorale proefskrif in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans. Die SA Akademie het onlangs bekend gemaak dat die hierdie prys vanjaar toegeken word aan me Hetta van Deventer-
Terblanche vir haar magisterverhandeling “Die koskultuur en geskiedenis van die Westpalm-reseptemanuskrip (Manuskrip SB522), circa 1719-1888”. Me Van Deventer-Terblanche het haar
studie aan die Noordwes-Universiteit voltooi onder studieleiding van prof Matilda Burden.
Die studie getuig van uitgebreide primêre en sekondêre navorsing. Die navorser toon besondere insig in die onderwerp en deeglike ondersoek is gedoen om die reseptemanuskrip te
dateer en die samestellers daarvan te identifiseer. Ook die historiese sosiale konteks waarbinne dit ontstaan het deeglik Me Van Deventer-Terblanche aangedui. Enkele opmerking van die eksaminatore bevestig die uitstaande kwaliteit:
“Dit was verstommend hoe goed die student uit uiteenlopende bronne en gesigspunte ‘n gevolgtrekking kon maak. Die deeglikheid, logiese en bondige argumentasie, sonder omhaal van woorde, was deurgaans opvallend.” En… “Haar kennis van die studieveld is fenomenaal, danksy die uitstekende navorsing wat sy gedoen het. Hierdie navorsing word enersyds weerspieël in die teks van die verhandeling, maar blyk ook duidelik uit die omvangryke en gestruktureerde bronnelys. Bronne wat dateer so vroeg as 1393 is geraadpleeg. Terselfdertyd is bronne oor taalgrense geraadpleeg – van Arabies, Duits, Engels, Nederlands en Afrikaans”.Die studie lewer ‘n oorspronklike bydrae tot die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse kookkuns en is van kultuurhistoriese belang. ARCHAETNOS: UNIQUE FIND AT THE EAST FORT Deur Dr Anton van Vollenhoven After the siege of Pretoria on 5 June 1900, the British erected fortified posts at strategic position all over South-Africa. The first of these fortified posts were erected in July 1900. For the British it was of particular importance to protect Pretoria after the occupation. To turn the town into a complete fortified town the British built more than 100 fortifications, including three forts, namely at Rietfontein (Ifafi), the Quagga Redoubt and the East Fort. The latter was erected on Strubenkop, which was strategically important to safeguard the town from the east. The East Fort was the largest British fortification in Pretoria. It was armed by a five-inch naval gun. Work on the building started on 15 June 1900 and took between five and six weeks to complete. The fort was manned by the A-company of the 2nd Hampshire Regiment as well as the Volunteer Company of the same regiment. Since 2013 annual, week-long excavations had been taken place at the site as part of a research project by Archaetnos. Many artefacts such as fragments of glass and ceramics, dating to the late 19th- and early 20th centuries were unearthed. This mainly represents bottles used for alcoholic beverages, mineral/soda water, food, and medicine. Metal artefacts mainly consist of building material (nails, screws etc.) and the remnants of tinned rations. Many ammunition artefacts have been found consisting of Lee-Metford/Enfield (.303) calibre, Martini-Henry (.450/.577) and some uniform buttons and insignia have also been identified. During the last (2022) excavation season a unique object had been discovered namely an almost complete bayonet. Only the wood from the handle has deteriorated. It is unique since it forms an integral part of the rifle, and one would think that the soldier should always have been able to give account thereof together with the rifle and The bayonet ammunition. The bayonet seems to have been deliberately pegged into the soil.