Lede
Sekretaris

Petra Luus
petra@kultuurtuiste.org.za
+27 76 500 4249

Tesourier


Elmar Du Plessis
savkfin@gmail.com
+27 84 867 8094

Voorsitter


Prof Anton van Vollenhoven
antonv@archaetnos.co.za
+27 83 291 6104

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis se grootste uitdaging is om lede te werf wie se assosiasies oor kultuur-, taal- en godsdiensgrense strek. Die vereniging wil bekend staan as ‘n vakvereniging waar enige Suid-Afrikaner hom- of haarself sal tuis voel en graag ‘n bydrae tot die bestudering van Suid-Afrikaanse kultuur wil maak.

Die leiers van die vereniging moet inisiatief neem om die standaard van kultuurhistoriese navorsing op ‘n hoë vlak te plaas.  Dit geld vir tydskrifartikels sowel as kongreseferate.  Terselfdertyd moet die vereniging as geheel, dit wil sê die raad sowel as gewone lede, knelpunte ten opsigte van kultuur- en erfenisbewaring in Suid-Afrika raaksien en die inisiatief neem om dit aan te spreek en op te los.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis moet en kan ‘n substansiële impak maak op versoening tussen kultuurgroepe in Suid-Afrika.  Dit kan gedoen word deur wedersyds kennis van die verskillende kulture op te doen, dit te respekteer en te leer waardeer.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis

Gestig in 1982

Gekeurde artikels gepubliseer in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis sedert Januarie 1984
0
Kongresse aangebied sedert 1982
0

ONS MISSIE

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (SAVK) is ‘n vakwetenskaplike vereniging wat in 1982 gestig is met die doel om die beoefening van kultuurgeskiedenis in Suid-Afrika te bevorder.

WAT DOEN DIE SAVK?

  • Reël kongresse, konferensies en seminare oor Kultuurgeskiedenis
  • Bevorder navorsing en die publikasie van wetenskaplike artikels van kultuurhistoriese aard
  • Maak aanbevelings by owerhede en instellings oor die bewaring van die totale Suid-Afrikaanse erfenis
  • Bewerkstellig vakwetenskaplike kontak tussen kultuurhistorici en belangstelllendes

Kontak Ons

Postnet Suite 139, Private Bag X504. Sinoville 0129

info@savk.org

Kontak Ons: +27 76 500 4249